donker woorde

ek is nie baie goed in baie dinge nie

ek verstaan nogsteeds nie wiskunde nie

en ek kan nie die logika vind in realiteit nie

ek verdwyn gereeld op my swart wolk

wat my neem na die dieper en donkerder

dinge in die lewe,

ons almal soek ‘n rede

my rede is

om te skryf

oor die dinge wat jy vrees om van te praat